Eskom beplan deurlopend beurtkrag vir die volgende twee jaar

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners kan hul staal om in die volgende twee jaar deurlopend fase 2- en 3-beurtkrag te hê. So is gesê tydens Sondag se mediasessie deur Mpho Makwana en ander Eskom-beamptes oor die kragkrisis.

Makwana sê dat Eskom permanente fase 2- en fase 3-beurtkrag vir die volgende 24 maande beplan het.

“Ons wil verseker dat ons ‘n mate van voorspelbaarheid skep deur permanente stadiums van fase 2- en 3-beurtkrag vir die volgende twee jaar te implementeer om genoeg ruimte vir instandhouding te gee, terwyl die land ‘n vlak van voorspelbaarheid of konsekwentheid het.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel