Verdagte vas nadat vermiste man vasgesement is in pyp

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (41) is Dinsdag vasgetrek in verband met die ontvoering en moord op ‘n 23-jarige man verlede jaar.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die moord het in Julie plaasgevind. Die man se liggaam is op 17 Januarie 2023 vasgesement in ‘n pyp langs die plaaslike rivier ontdek.

Kwena Mokoka, die slagoffer, het op 30 Julie 2022 net skielik verdwyn nadat hy die huis verlaat het om ‘n selfoonoproep te ontvang. Hy het nooit teruggekeer huis toe nie en is as vermis aangemeld.

Die polisie het sedertdien onverpoosd na hom gesoek tot hulle nou ‘n deurbraak gemaak het.

Die verdagte verskyn vandag in die hof nadat hy aan die misdaad verbind is met inligting wat die polisie bekom het.