Die digter en aktivis Ntsiki Mazwai moes onlangs ’n Twitter-plasing verwyder en om verskoning vra nadat haar mening oor transgendervrouens kritiek ontlok het.
Alhoewel Mazwai om verskoning gevra het, het sy by haar standpunt gehou en gesê sy sien transgendervrouens as “mans wat oorgegaan het”, nie as vrouens nie.
Sy het gesê transgendervrouens “wis vrouens uit” in verwysing na Caitlin Jenner en transgendervrouens wat nou kan deelneem aan sporttoernooie en skoonheidskompetisies.
Sy het bygevoeg dat jy nie iemand kan dwing om te glo wat jy glo nie.
Bronne: Times LIVE, Briefly, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Fantastic Beast’ glo gekanselleer na geskil oor Ezra Miller en JK Rowling



