Kinders ontvoer saam met vrouens in Burkina Faso

Deel hierdie storie / Share this story

Dit is onthul dat kinders verlede week saam met die 50 vrouens deur die Islamistiese djihadiste in Burkina Faso ontvoer is. Die aanvanklike getal ontvoerders is nou nader aan 60.

Die vrouens en kinders is verlede week op 12 en 13 Januarie ontvoer toe hulle kos probeer soek het vir hulle families.

Sommige van die vroue wat ontvoer is, kon glo ontsnap na hulle huise in Arbinda. Een vrou wat ontsnap het, het vertel dat die djihadiste die vrouens in groepe ingedeel het en gedwing het om gesteelde skape op te pas om te keer dat mense sien iets is fout.

’n Ander vrou wat kon ontsnap het haar kommer uitgespreek oor die vrouens en kinders wat agtergelaat is.

Bronne: Euronews, Sputnik News, All Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Islam-militante ontvoer ongeveer 50 vrouens