Vanjaar het twee meisies, Kelly Grace Prowse van Rustenburg Girls High in die Wes-Kaap en Husnaa Haffeje van Al-Falaah College in KwaZulu-Natal as die algehele top-leerders in die land na vore getree.
Die algehele NSS-topleerder vir openbare skole vir 2022, Kelly Grace Prowse, het gesê die gevoel is “surrealisties”. Prowse (18) is die toppresteerder in Wiskunde, toppresteerder in kwintiel 5-skole en algehele toppresteerder in die land.



