Zunaid Noormahomed word gesoek omdat hy moontlik die polisie kan help in hul ondersoek van ‘n reeks kriminele sake wat diefstal en bedrog insluit.
Hy was meer onlangs in KwaZulu-Natal doenig en alhoewel hy vir talle sake gesoek word, hou hy glo aan met sy kriminele aktiwiteite.
IRS Forensic Investigations vra dat enige kriminele sake waarby Noormahomed betrokke is by plaaslike polisiestasies aangemeld word en die MAS-nommer so gou as moontlik aangestuur word om aan ander sake in Gauteng te koppel.
Kontak kan gemaak word deur 0861 911 IRS (477) te kontak of op 011 486 1037 / 011 486 0731.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



