Ses mense, waarvan een ‘n swanger vrou, is vanoggend omstreeks 07:30 beseer toe ‘n taxi en twee sekuriteitsvoertuie in ‘n botsing in Umdloti Beach betrokke was.
Reaction Unit South Africa (Rusa) het Donderdagoggend verskeie oproepe ontvang van getuies wat die ongeluk gesien gebeur het.
Met Rusa se aankoms op die toneel was vier persone in ‘n kritieke toestand terwyl twee ander ligte beserings opgedoen het.
Volgens getuies het die taxi probeer om ander motors verby te steek toe dit met twee sekuriteitsvoertuie gebots het.
Owerhede is steeds op die toneel.









