Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd: 15 minute, plus yskastyd
1 Gooi 250 ml bosbessiesap in ’n groot beker of ponsbak. Sny
twee lemmetjies of klein suurlemoene en ’n stingel sitroengras in skywe en roer
dit by die sap.
2 Kap of sny 250 ml gemengde bessies en kersies en voeg dit
ook by. Verkoel die mengsel vir ’n paar uur sodat die geure kan ontwikkel.
3 Wanneer jy dit wil voorsit, voeg 250 ml limonade, 500 ml
soda of vonkelwater en nog 250 ml gemengde bessies en kersies by.
Bron: Idees / Kos en Onthaal
Plasing: Henriette Wessels /WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK



