Man sterf na motorfietsongeluk op N1

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man in sy 50’s is Dinsdagaand dood nadat hy in ‘n ernstige motorfietsongeluk op die N1 in Pretoria betrokke was.

Emer-G-Med het kort na 20:00 Dinsdagaand inligting ontvang oor ‘n ernstige motorfietsongeluk wat op die N1 naby die R21 plaasgevind het.

Die man het volgens paramedici beheer oor sy motorfietsverloor en is ongeveer 10 m van ‘n helling af geslinger.

Die pasiënt was in ‘n kritieke toestand met paramedici se aankoms op die toneel. Hy is behandel voordat hy na ‘n hospitaal vervoer is, waar hy later Dinsdagaand oorlede is.