Inwoners kan vandag winde, donderstorms en ongemaklike warm weerstoestande te wagte wees.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het geel vlak 2 -weerwaarskuwings vir die Oos-Kaap uitgereik.
Die eerste waarskuwing is vir gevaarlike winde en dan is daar ‘n waarskuwing vir swaar donderstorms.
In die Noord-Kaap, sentrale Karoo, dele van die Noord-Wes, dele van Mpumalanga en dele van Limpopo en die Vrystaat gaan dit verskriklik warm raak weens ’n hittegolf.
Die SAWD het gesê ‘n hittegolf met aanhoudende hoë temperature word van vandag tot Sondag verwag oor Sarah Baartman DM, Chris Hani DM, Amathole DM, OR Tambo DM en Mbizana LM in die Oos-Kaap, en die Khai-Ma LM in die Noord-Kaap en die Sentraal- en Klein-Karoo in die Wes-Kaap tot Vrydag, asook Thembelihle, Kai !Garib, Dawid Kruiper, !Kheis, Renosterberg, Emthanjeni en Umsobomvu LM’s van die Noord-Kaap en Letsemeng, Kopanong LM’s in die Vrystaat.
Die res van die Wes-Kaap sal gedeeltelik bewolk, maar uiters warm oor die oostelike binneland wees.
In die westelike helfte van die Oos-Kaap sal dit bewolk en warm wees met sterk winde wat vir die middag voorspel word. Die oostelike helfte van die Oos-Kaap sal bewolk wees met warmer weerstoestande wat later die dag verwag word.
Bronne: IOL, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Skelet deur verbyganger ontdek



