Rudi Claase, gewilde sanger en liedjieskrywer, vier vandag sy 40ste verjaardag. Hy is op 11 Januarie 1983 gebore en het in Vereeniging grootgeword.
Op die ouderdom van vier het hy klavier op gehoor begin speel.
Hy het twee keer die Reik na die Sterre-kompetisie gewen. Sy debuutalbum Jambo is in 2007 vrygestel.
In 2009 het hy saam met Corlea Botha die duo “Ons Lieflinge” uitgemaak, waarvan die album binne twee maande goue status bereik het.
Rudi het ook saam met Zita Pretorius en Charne Hugo as sangpare gesing.
In 2019 ontvang hy ‘n ATKV-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.
As liedjieskrywer het hy al musiek geskryf vir Juanita du Plessis, Andriëtte Norman, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Nadine, Arno Jordaan en vele ander. Altesaam het hierdie talentvolle musikant reeds meer as 700 liedjies geskryf.
Bron: Wikipedia
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



