Ashleigh sedert September 2022 vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Ashleigh Melani Crosbie (50) is sedert Sondag 18 September 2022 vermis nadat sy haar huis in Rugby, Milnerton, Wes-Kaap met haar swart hond verlaat het.

Sy het medium lengte blonde hare en bruin oë. Sy is 1.6 meter lank.

Uitkenbare merke is ‘n tatoe aan die agterkant van haar nek wat sê Carl en Casper (the friendly ghost). Sy het ook ‘n letsel waar haar blindederm uitgehaal is, asook ‘n neusring.

Die laaste keer wat sy gesien was, het sy ‘n swart romp, ‘n wit-en-swart hemp en wit sandale aangehad.

Sy het in ‘n silwer BMW 3-reeks, registrasienommer CA 591 – 135 gery, waarvan daar krapmerke op beide die voorste deure is.

Sy is by Milnerton-SAPD as vermis aangemeld op ‘n navraagnommer 08/09/2022.

Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan hulle met die volgende persone kontak maak:

Specialised Security Servies – Maatje Swanepoel of Odette van Staden: 066 007 1818

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.