Mikayla Scholtz (13) van Grassy Park is Maandagmiddag 2 Januarie 2023 dood nadat ‘n voertuig haar op AZ Bermanpad, Eastridge, in Mithells Plain, gestamp het.
Die bestuurder van die voertuig het nie gestop nie en het van die toneel gevlug.
Woman For Change sê Mikayla het by haar ouma gekuier vir die vakansie toe die ongeluk plaasgevind het.
Sy is op die toneel dood verklaar.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het gesê die omstandighede wat tot die tiener se dood gelei het, word ondersoek.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek, maar nog geen arrestasie is gemaak nie.
Joseph Marco Bruintjies het die volgende Facebook-plasing gemaak van ‘n foto waar Mikayla se ma, Belita, en pa, Shaun by haar liggaam sit:


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



