Die Demokratiese Alliansie (DA) het die poging tot moord op Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, by sy Megawatt Park-kantoor, veroordeel.
AfriNUUS het vroeër berig dat De Ruyter die dag nadat hy sy bedankingsbrief by Eskom se voorsitter ingedien het, met sianied in sy koffie vergiftig is. ’n Klein hoeveelheid sianied, wat in ‘n tabletvorm kan kom, kan dodelik wees.
“Nou is kriminele sindikate binne Eskom tasbaar om hul wurggreep op Eskom te versterk wat die ekonomie vernietig. Dit is duidelik dat hulle by niks sal stop nie,” het Ghaleb Cachalia, DA-skaduminister van openbare ondernemings, gesê.



