Prins Harry se splinternuwe boek, Spare, is gedeel op sommige openbare platforms, enkele dae voordat dit amptelik vrygestel word.
AfriNUUS het ‘n kopie van die boek wat talle skokkende onthullings bevat.
In die boek erken prins Harry dat hy kokaïen as tiener geneem het, 25 mense in Afghanistan vermoor het, hoe hy sy maagdelikheid met ‘n ouer dame in ‘n veld verloor het en dat hy en William vir Koning Charles gevra het om nie met Camilla te trou nie.



