Mvelo Gumede (5) van Ndweswe wat by sy pa in Sun Crescent, Lutusville in KwaZulu-Natal gekuier het vir die skoolvakansie en gistermiddag laat vermis geraak het, is vanoggend dood in die bure se swembad gevind.
Reaction Unit South Africa sê ‘n soektog na die kind is om ongeveer 18:50 gistermiddag geloods nadat hy vermis geraak het.
Hy het volgens sy pa met ‘n maat (6) gespeel voordat sy huis toe is. Hy kon daarna nie gevind word nie. Die maat kon nie sê waar Gumede kon wees nie.
Hierna is die soektog begin wat tot tot 02:30 in die oggendure geduur het en vanoggend om 06:00 voortgesit is.
Die 6-jarige is ook weer deur ‘n tannie onderva en is as getraumatiseerd beskryf, alhoewel sy steeds geen inligting kon voorsien nie.
Terwyl die soektog vanoggend voortgeduur het, het ‘n inwoner laat weet dat die kind se liggaam met sy gesig ondertoe in ‘n swembad dryf, ongeveer 50 meter van waar hulle in bosse na hom gesoek het.
Die seun is uit die swembad gehaal en dood verklaar.
Die seun het traumabeserings aan sy gesig gehad. Alhoewel sy sandale ook in die swembad gekry is, kon geen vuil spel bevestig word nie.
Die seun was ‘n ingeskrewe leerling by Siya Kolisi Creché in Durban.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



