’n Gefrustreerde Houtbaaier het ’n klag by die polisie ingedien oor ’n man, wat volgens hom ’n “pitbull-terroriseerder” is en verantwoordelik is vir verskeie honde-aanvalle in die gemeenskap.
Die Houtbaaise sekuriteitsbestuurder en beampte, en inwoner, Fareed Hoosen, wat onlangs deur die hond gebyt is, het gesê die saak is by die polisie aangemeld.
“Hierdie ou het vir ‘n tyd lank hondjies verkoop en ons het ‘n einde daaraan gebring. Nou het hy die pitbull, wat hy gebruik om mense te intimideer en om hulle te dwing om vir hom geld te gee,” het Hoosen gesê.
“Hy eis dat jy vir hom geld gee en as jy dit nie doen nie, sit hy die hond op jou. Ons het ook inligting ontvang dat hy die pitbull gebruik om hawelose mense in die nag te beroof. Ek het hom gesien en vir hom gesê om aan te beweeg en terwyl ek dit gedoen het, het hy omgedraai en die hond op my losgelaat. Ek het nie my koeëlvaste baadjie aangehad nie en die hond het my aan my maag gebyt.”
Hoosen het gesê ‘n klag is by die Houtbaai-SAPD ingedien.
Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê ’n ondersoek na die voorval duur voort.
“Die Houtbaai-polisie ondersoek ‘n klag van aanranding om ernstig te beseer nadat ‘n hond op 1 Januarie op ‘n veiligheidswag in Victoriaweg, Houtbaai gesit is,” het hy gesê.
Dit volg nadat die Nasionale Vryheidsparty (NFP) strenger wetgewing gevra het wat pitbull-honde as troeteldiere in Suid-Afrika óf verbied óf beperkings op hulle plaas.
Bronne: Cape Times, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man wat tiener glo oor mango’s vermoor wag nog vir bed



