Jo Black (41) verjaar, wens hom geluk!

Deel hierdie storie / Share this story

Jo Black (oftewel Jo Engelbrecht) is vandag 41 jaar oud.

Jo Usher Engelbrecht is ‘n boorling van Pretoria-Noord en geliefd onder skole en skoolleerlinge vir sy Be That Guy, Be That Girl-projek. Sy debuutalbum Skepe is in 2017 vrygestel.

Hy is bekend vir treffers soos Skepe, Bring die Hoop weer terug en vele meer. Skepe, sy debuutalbum, het meer as 90 000 eenhede verkoop.

Hy groei sy baard as ‘n eerbetoon aan sy oupa wat oorlede is.

Jo het hierdie op sy sosiale media geplaas:


  1. Dit het in ’n oogwink gebeur en snaaks genoeg sit hy heel gemaklik op my skouers. Hoe maak mens sin van 41 jaar wat voel asof 70 jaar daar iewers binne ingedruk is? Storms, hartseer, vrede en geluk in een hoofstuk.
    Ek kan nie hierdie dag sonder ’n diep gevoel van dankbaarheid laat verbygaan nie. Ek skop my nuwe lewensjaar af met hoop, liefde, geloof en ‘n hart vol dankbaarheid. My verjaarsdaggeskenk aan myself is nuwe passie vir alles wat ek doen. ‘n Dieper liefde vir alles en almal na aan my, insluitend myself. Meer geduld, veral vir situasies wat buite my beheer is. ‘n Tipe vrede wat kalmte bring om te besef dat ek is waar ek is vir ‘n tyd soos nou en ‘n rus wat net in God gevind kan word.
    Jy mag as ‘n verjaarsdaggeskenk aan my, dit vir jouself ook gee.
    Mag liefde weer die taal van almal se harte word en die wêreld ‘n beter plek word omdat ons in Hom is.

Geluk met my verjaarsdag aan almal❤️

joblack #beard #happybirthday #41isdienuwe30 #music

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.