Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) sê meer as 190 000 verkeersboetes is sedert die begin van Desember uitgereik.
Terselfdertyd is 4 400 bestuurders in hegtenis geneem vir verskeie verkeersoortredings, insluitend dronkbestuur en spoed.
Simon Zwane, RTMC-woordvoerder, het aan Newzroom Afrika gesê die grootste aantal verkeersoortredings het voorgekom in provinsies wat die meeste besoekers lok, soos die Wes-Kaap, Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal.
“Daar was ook dronkbestuur en spoedoortredings, insluitend mense wat sonder ‘n rybewys bestuur het. Daar was ‘n groot aantal gevalle waar motoriste voertuie bestuur het sonder behoorlike permitte wat vereis word,” het Zwane gesê.
“Bestuurders en hulle passasiers het op roetes gery waar hulle nie toegelaat is nie en ons het groot arrestasies op dié gemaak. In sommige gevalle het ons sekere motors geskut omdat hulle permitregulasies oortree het.”
Wat die aangemelde verkeersoortredings en boetes betref, het Zwane gesê daar was ‘n groot aantal arrestasies wat verband hou met motoriste wat versuim het om vorige verkeersboetes te betaal.
“Daar sal ‘n opvolg wees en padblokkades gaan nog regdeur die land en die hele jaar plaasvind omdat die veldtogte wat ons doen nie net vir die feestyd bedoel is nie,” het hy gesê.
Daar word verwag dat die meeste mense sal teruggaan werk toe, met die verwagting dat daar ‘n toename in verkeer op die paaie sal wees. Zwane het gesê van Dinsdag af sal daar laer volumes verkeer wees.
Bronne: IOL, DFA, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Motoriste moet versigtig wees vir toename in verkeer



