Die hof het die eis van ‘n man wat in ’n oop stormwaterdrein geval het op pad na die dorpskroeg, van die hand gewys.
Die man het die SA Poskantoor, die gebou wat langs die drein geleë is, die skuld gegee.
Hy het hulle gedagvaar vir die skade wat hy gely het, maar terwyl hy wel in sy eerste regsronde geslaag het, het twee regters op appèl gesê hy is die rede vir sy eie ongeluk, en die Poskantoor skuld hom niks.
Die regter het gesê die Poskantoor het geen beheer oor die area waar die drein geleë is nie, en is dus nie aanspreeklik vir Viviers se eis nie.
Met die afwysing van die eis het die regter Viviers ook beveel om die Poskantoor se regskoste te betaal.
Bronne: Pretoria News, Pressreader
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



