Gaste by die Clouds End-gasteplaas in die Hemel en Aarde-vallei by Hermanus in die Wes-Kaap is op Oujaarsaand beroof.
Hulle is oorval, vasgebind en beroof.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.
Hermanus-polisie ondersoek ‘n besigheidsroof by ‘n gastehuis.
Die beweerde verdagtes het met elektroniese toerusting gevlug.
Hy sê die vermeende verdagtes het die slagoffers vasgebind en met eiendom van die toneel gevlug.
Op die Facebook-blad van Gevrekte Volk is ‘n sitrep-plasing gemaak dat die gaste glo net voor 24:00 steeds besig was om op ‘n stoep te braai toe hulle deur drie vermeende gewapende rowers oorval is.
Die verdagtes, wat balaklawas aangehad het, het glo die gaste vasgebind en van klein, duur items beroof.
“Alarm was gemaak na hulle losgekom het en na plaasmense naby gehardloop het, waarna HARSA-plaaswag, Ceulive -sekuritieit, OM-wetstoepassing, die SAPD sowel as AfriForum Alfa-buurtwag en AfriForum Bravo Buurtwag Fisherhaven geaktiveer was.”
Volgens die blad is niemand tydens die voorval beseer nie en het dit gelyk asof dit Ovambo-rowers van Houtbaai-area af kan wees.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



