Mikayla Phillipson (2) is op Mei 2020 met Aicardi-sindroom gebore.
Makliker verduidelik is dat sy nie ‘n corpus callosum (breinbalk), wat die twee serebrale hemisfere met mekaar verbind, het nie.
Haar linkerbrein is onderontwikkel en sy kry epileptiese aanvalle. Sy is boonop blind in haar linkerogie.
Mikayla word sedert Mei 2022 deur ‘n MIC-KEY tube gevoed.
Haar pa werk van die huis af sodat hy daagliks na haar kan omsien.
Sy rol waar sy wil wees omdat haar ruggie skeef gegroei het en sy nog nie kan sit nie en meestal al haar tyd op die grond deurbring.
Die ortopeed en arbeidsterapeut wat haar behandel, het saamgewerk om te probeer vasstel watter tipe stoel sy moet kry om die groei van haar ruggie te bevorder. ‘n Spesiale rugstut moet aangebring word.
Dit sal haar in posisie hou en keer dat sy pyn ervaar.
Haar ouers werk hard om haar op ‘n mediese fonds te hou sodat sy al haar ander mediese versorging kan ontang.
Die mediese fonds wil egter na weke se kommunikasie nie die volle bedrag vir die stoel dek nie.

Haar ouers vra enige hulp om die stoel ‘n werklikheid vir hul kleuter te maak sodat sy normaal kan sit.
Enigiemand wat hulle kan bystaan, kan kontak maak met Hemelse Pêrels NPC by 078 462 8503.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



