‘n “Problematiese kolon” het vir Charay Arendse (20) van Gabrielle Court in Scottsdene Donderdagoggend net voor 06:00 ‘n gesonde babaseun besorg.
Arendse het dit as ‘n skok beskryf, aangesien sy nog al die tyd gedink het daar is fout met haar kolon en nie bewus was dat sy swanger is nie.
Ouma Charmaine (54) het verduidelik dat Charay in en uit by dokters was met die “dikderm” probleem en niemand het opgelet dat sy swanger is nie.
Haar seun het haar kom roep oor Charay wat vreeslike maagpyn het en volgehou dat haar dikderm die probleem is, terwyl Charmaine onraad vermoed en ondersoek ingestel het.
En net daar vang die trotse ouma toe haar heel eerste verrassing van ‘n kleinkind en verduidelik dat hulle nie eers met ‘n naam of enigsins vir hom reg was nie.
Ouma het die kleinding skoongemaak en ‘n ambulans ontbied.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



