Paul Goldschagg en Estie Kruger glo hulle het ‘n wonderwerk beleef toe vier rowers op die N12 op hulle geskiet en nie een van hulle beseer is nie.
Hulle was by ‘n kerkfunksie in Johannesburg en op pad terug na eMalahleni toe die ondenkbare gebeur het. Net nadat hulle verby die Delmas-afrit is, het “iets” hulle motor getref en die regterband het gebars. Goldschagg het gerem, min wetend wat vir hulle sou voorlê.
Hulle het beide uit die motor geklim om die gebarste band te vervang. Dit is toe wat skote om hulle begin klap. Goldschagg sê hy twee keer gehoor vier persone vuur skote af.
“Jesus help ons!” het Goldschagg geskree voordat hy begin hardloop het, maar beide hy en Estie is gestuit toe hy gepootjie en sy op die grond neergegooi is. Die vermomde verdagtes het die paartjie se selfone, juwele en kontant geëis.
Terwyl een ‘n armketting probeer afhaal het, het Goldschgagg die man gehelp omdat hy gesukkel het. Skielik het die vermeende rower sy beursie teruggegee en hulle het weggehardloop.
‘n Polisielid van Middelburg se honde-eenheid het aan die oorkant van die hoofweg gery en onraad vermoed. Hy het omgedraai om die paartjie te help. Goldschagg het aan hom verduidelik wat gebeur het. Die polisielid het na die booswigte wat intussen verdwyn het, gaansoek.
Bystand is aangevra vir nog polisielede, waarna die band van die voertuig geruil is en die paartjie verder kon ry.
Ongeveer ‘n uur later het dieselfde ‘n kilometer verder gebeur toe taxi-insittendes oorval is. Die polisieman wat dit gesien gebeur het, wou weer hulp aanbied. Daar is deur die booswigte op hom geskiet. Die rowers het weer gevlug. Niemand is in een van die voorvalle beseer nie.
Bron: Citizen en Middelburg Observer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



