Ken William Brummer (38) is vermis nadat hy op 25 Desember laas gesien was waar hy in Kameeldoringstraat, Bothaville, na die kragstasie geloop het.
Hy is deur sy meisie as vermis aangemeld.
Hy was geklee in ‘n blou hemp, roomkleurige broek en hoed.
‘n Soektog is deur Bothaville-SAPD geloods.
Enigiemand met inligting van waar hy hom bevind, kan die volgende persone kontak:
S/AO Julie Venter of Bothaville Speurdienste: 056 514 9415 / 17.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



