Guinness-wêreldrekordpoging vir rugby-‘afrigtingsmarathon’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Rugby-“afrigtingsmarathon” wat vanaf 5 – 7 Januarie 2023 by Grizzlies-jeugklub se gronde in Pretoria Tuine sal plaasvind. is deur Martin Eksteen by Guinness World Records geregistreer,

Die beplanning is dat die afrigting, wat lewendig gestroom sal word, vir 48 uur moet duur. Daar sal slegs 20 spelers per ouderdomsgroep vir vanaf o/6 tot o/18 toegelaat word.

Kostes, wat aangewend gaan word vir minderbevoorregte kinders, beloop R100 per speler.

Seuns- en meisiespelers is welkom om aan hierdie rekordpoging deel te neem.

Indien jy wil deelneem met jou ouers se toestemming of ouers wil hul kinders inskryf, kan hulle “48” WhatsApp na 067 336 2893.

“Die verskillende ouderdomsgroepe gaan mekaar aflos, daarom is dit noodsaaklik dat spelers vooraf registreer sodat ons groepe kan maak. Elke ouderdomsgroep kan ses ure se afrigting in die 48 ure kry op ‘n roteerbasis.”

Martin is ‘n afrigter wat glo dat geen kind weggewys word nie en glo dat elkeen ‘n kans moet kry, maak nie saak oor watter vaardigheid hy/ sy beskik nie.

“Ek gaan my afrigtersfooi afstaan om skoolbenodigdhede te koop vir kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie.”

Borge vir die dag is welkom. Enigiemand met vrae kan met Martin kontak maak by 067 336 2893.

Guiness World Records aansoek verwysing: 221019190336Insr.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.