Maselspoort-rasherrie – twee reeds in hof, derde verdagte verskyn môre

Deel hierdie storie / Share this story

Die video waarin ‘n rasherrie ontvou het by Maselspoort-vakansieoord op Kersdag in Bloemfontein, het kriminele gevolge vir van die vermeende betrokkenes ingehou.

In die video wat wyd gedeel is, kan gesien word hoe persone in die swembad ingestamp word en aan mekaar geruk en pluk word en ‘n kind aan die hare en om die keel gegryp word.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het bevestig dat drie verdagtes vandag in hegtenis geneem is. Die eerste twee verdagtes wat vroeër gearresteer is, is Johan Nel (33) van Bothaville en Stephanus van der Westhuizen (47) van Brandfort.

Hulle het in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op klagtes van aanranding en crimen injuria waarna hul op ‘n waarskuwing vrygelaat is om weer op 25 Januarie 2023 in die hof te verskyn.

‘n Derde verdagte (48) van Bloemdal is eers later vandag in hegtenis geneem en sal aangekla word vir poging tot moord. Hy word aangehou totdat sy saak Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof sal verskyn.

Die voorval lok reeds baie kommentaar uit. Sonya Steyn het die volgende geplaas:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.