Liggaam van vrou langs pad gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n vrou is Sondag langs die pad op die R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg gekry.

Volgens kapt. Aafje Botma is die polisie op soek na die familiie van die vrou wat vermoedelik tussen die ouderdom van 38 en 40 is.

Haar liggaam is op Kersdag omstreeks 20:30 naby die Itsoseng-township gekry.

Luidens die polisieverklaring is sy vermoedelik deur ‘n motor raakgery.

Enigiemand wat inligting het of die vrou kan identifiseer kan die polisie in Itsoseng by 018 338 000, 018 338 0088 of 082 416 0763 skakel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.