Die “Geregtigheid vir Willem”-groep het ‘n Dinsdag ‘n nuwe inskrywing op die blad gemaak en gesê:
“Willem is gevind. Dit beteken NIE dat die saak afgesluit is nie. Die doel van die groep is om deur die krag van gebed ondersteuning te bied vir Willem se familie, in die soektog na antwoorde.
Nuwe inligting is onlangs bekend gemaak. Dit dui daarop dat ons nie te vinnig hierdie saak as afgehandel moet beskou nie.
Die inligting is op sosiale media (deur ‘n derde party) aan die publiek bekend gestel.”

Domain Holtzhausen, Willem se vriendin, het op 16 Desember ‘n inskrywing op haar Facebook-blad gemaak waar sy sê:
Mag enige skuldige gewete julle opvreet soos gif. ONS ROEP WAARHEID, KOM UIT.
Belowe om aanhou te baklei vir jou W. Al ontstel dit die mense op social media. Al verstaan niemand hoekom ons dit deel nie. Jou siel bly uitroep.”
.

FiND iT het die groep, Baklei vir Boere op Instagram gevra oor hul plasing oor “geregtigheid vir Willem” waarna hulle geantwoord het die meederheid mense glo daar is skuldiges

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



