Danksy ‘n kunsmatige baarmoeder is daar nuwe hoop vir kinderlose egpare, berig Female First. EctoLife, wat ontwerp is om tot 30 000 babas per jaar te “verwek”, is gegrond op meer as ‘n halfeeu se baanbrekende navorsing.
Die konsep is die breinkind van die Berlyn-gebaseerde biotegnoloog Hashem Al-Ghaili. Hy sê dié fasiliteit sal onvrugbare ouers toelaat om die ware biologiese ouers van hul kinders te word. ‘n Sogenaamde “elite-pakket” sal ouers in staat stel om die embrio geneties te manipuleer voordat dit in die kunsmatige baarmoeder ingeplant word.
Ouers sal oor oog- en haarkleur sowel as ander eienskappe soos lengte en intelligensie kan besluit. Oorgeërfde genetiese siektes kan ook vermy word.
Al-Ghaili sê volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf ongeveer 300 000 vroue jaarliks weens swangerskapkomplikasies. “EctoLife se kunsmatige baarmoeder is ontwerp om menslike lyding te verlig en premature geboortes en keisersneë uit te skakel.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



