Twee taxibase is Maandag in Mslasini in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het gemeenskapslede Rusa gekontak nadat hulle skote gehoor het.
Paramedici en Rusa-lede het met hulle aankoms op die toneel die liggame van twee mans langs die pad aangetref. Hulle het verskeie skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar.
Volgens getuies was die oorledenes taxi-eienaars. Hulle het glo met mekaar gestaan en praat toe insittendes van ‘n wit Ford Ranger op hulle begin skiet het.
Die polisie ondersoek die saak.



