‘n Vermiste 10-jarige seun se liggaam is Vrydagaand omstreeks 20:50 uit die Kgopjane-rivier gehaal.
AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die seun was sedert Donderdagmiddag 15 Desember vermis nadat hy omstreeks 12:45 die rivier probeer oorsteek het.
Die polisie se soek-en-reddingspanne is Vrydagmiddag oor die vermiste seuntjie ingelig en het na hom begin soek.
Sy liggaam is tussen bome en takke in die rivier vasgekeer, gevind.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



