Gesin van vier in motorwrak vasgekeer na botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Gesin van vier is vroeg Saterdagoggend ernstig beseer in ‘n botsing wat op die N1 in Rivonia in Gauteng plaasgevind het.

Die gesin het ernstige beserings opgedoen en was in die motorwrak vasgekeer.

Met Emer-G-Med se aankoms op die toneel is die gesin met reddingskake uit die motorwrak bevry voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Volgens verslae het ‘n ander motor in die gesin se voertuig vasgery.

Die bestuurder van die voertuig was nie op die toneel te vind nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel