‘n Ongeïdentifiseerde liggaam is Dinsdag in ‘n uitgebrande voertuig naby Kwazakhele-skool in Gqeberha gevind. Die liggaam is in die kattebak van die motor gevind.
Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die moord is onbekend.
Die omstandighede van die grusame vonds word nog ondersoek. Die slagoffer moet ook nog geïdentifiseer word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



