Die Gqeberha-polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat die liggaam van ‘n man Dinsdag in ‘n uitgebrande voertuig naby ‘n skool in Kwazakhele gevind is.
Die liggaam is in die kattebak van die motor gevind.
Polisie-woordvoerder, kapt. André Beetge, sê die motief is nie bekend nie.
Hy sê die omstandighede rondom die voorval bly onduidelik en die ondersoek duur voort.
Die slagoffer is ook nog nie geïdentifiseer nie.



