Dokter in hof ná hy pasiënt glo verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

’n Mediese dokter (37), Sikhokhele Soldati, het Woensdag in die EmaXesibeni (Mount Ayliff)-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

Hy is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 34-jarige pasiënt op 8 Desember 2022 in sy spreekkamer in die Mount Ayliff-hospitaal verkrag het.

Die pasiënt was by die hospitaal vir mediese aandag. Toe die verpleegster haar by die dokter los, het hy glo die deur gesluit en geëis dat sy orale seks op hom moet doen. Toe die pasiënt weier, het hy haar na bewering oorval en verkrag

Toe die verpleegster terugkom, het sy gevind dat die deur na die spreekkamer gesluit is, en moes klop totdat die vermeende verkragter oopgemaak het. Die pasiënt het na bewering uitgehardloop, sigbaar bewend, en het die gebeure by die verpleegster en haar vriendin, wat haar na die hospitaal vergesel het, aangemeld.

Die dokter het na bewering arrestasie tot ‘n latere datum ontduik.

Die hof het die saak tot 21 Desember 2022 uitgestel vir formele borgtogaansoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel