‘n Sewejarige seun is dood nadat hy in ‘n rivier verdrink het.
Volgens ‘n polisieverklaring het ‘n groep seuns Maandagmiddag tydens die erge reën op Worcester in ‘n rivier gaan swem. Die rivier is tussen Robertson en Zwelethemba geleë.
Toe die donderbui begin uitsak, het die rivier vinnig vol geloop en hoog opgestoot. Van die seuns het daarin geslaag om uit die rivier te kom, maar die een seun is deur die stroom meegesleur.
Die ander kinders het aan die polisie vertel hulle het gesien hoe hul “maatjie” deur die water weggesleep word en sy hande in die lug was terwyl hy om hulp geskree het. Hy het na ‘n rukkie onder die water verdwyn
Die polisie se duikeenheid het na hom gesoek en sy liggaam is op die oewer van die rivier gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.
AO Joseph Swartbooi, ’n polisiewoordvoerder, het die verdrinking van ’n sewejarige seun bevestig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



