Marilyn “Becky” Matthysen (37) van Reiger Park, Boksburg, is dood nadat sy na bewering op 2 Desember in Williamssraat deur haar kêrel met ‘n skerp voorwerp gesteek is. Sy is glo gevind waar sy in ‘n plas bloed gelê het.
Die vermeende verdagte se ma het klaarblyklik die polisie in kennis gestel dat haar seun sy meisie vermoor het.
Gemeenskapslede het glo eers die verdagte aangerand voordat die polisie hom in hegtenis geneem het. Hy was glo steeds in besit van die moordwapen.
Volgens Woman For Change is hy laat gaan weens onvoldoende bewyse.
Marilyn word deur haar kinders, onderskeidelik 8, 13, en 16 jaar oud, oorleef.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



