Een van tweeling (19) oorlede na hartoperasie

Deel hierdie storie / Share this story

Lynn Shanker, ‘n 19-jarige wat in 2022 haar matriekjaar aan HTS Middelburg voltooi het, is op 10 Desember vanjaar dood ná komplikasies ontstaan het na ‘n noodsaaklike hartklepoperasie.

Lynn is een van ‘n tweeling en is met ‘n hartdefek gebore wat gelei het tot noodsaaklike hartklepchirurgie.

Lynn sal onthou word vir haar permanente glimlag en spontane, liefdevolle geaardheid.

Die skool het in ‘n verklaring ‘n laaste eerbetoon aan Lynn gewy.

“Ons weet nooit wanneer ons laaste dag op aarde sal wees nie… Om jonk te wees, is nie ‘n waarborg dat jy ‘n lang lewe het wat op jou wag nie. Dit is altyd so tragies om te lees van jong kinders en babas wat sterf. Ons leef dag vir dag en beplan dinge lank vooruit. Dit is normaal. Ons kan nie leef in afwagting vir die dag wat ons ons laaste asems gaan uitblaas nie. Die uur en minuut is onbekend. En dit is goed so. Maar, wat sou jy wou doen op jou laaste dag op aarde? Hoe ongemaklik die vraag ookal is, dink bietjie daaroor… Dit is nóú die tyd om daardie oproep na iemand wat jy lanklaas gesien het te maak. Dit is nóú die tyd om ‘n strydbyl te begrawe, want verwyt is ‘n aaklige ding. Dit is nóú die tyd om te begin werk aan jou grootste droom. Herinner die mense rondom jou wat hulle vir jou beteken. Leef. Haal asem. Dink. Wees dankbaar. Doen dit wat vir jou belangrik is.

“Dit is nóú die tyd om te leef en nie te “bargain” op die dag van môre nie. Ons weet dit, maar ons besef dit nie altyd nie. As die horlosie stop, is dit vir altyd. Maar terwyl jy hier lees, tik die horlosie nog volstoom. Daar is nog tyd! Leef VANDAG asof dit die laaste is!

“Lynn, ons sal jou mooi herinnering koester, mag jou hartskiekies helder skyn in ons gedagtes! Jy het ‘n leeftyd se ervaringe ingepak in ‘n kort 19 jaar… jou lewensvreugde, jou blink lag en jou allermooiste blou oë wat die hemel nader na die aarde gebring het, sal vir oulaas in ons harte eggo!

“Ons diepste meegevoel aan jou ouers en familie, jou naasbestaandes en al jou Rooi-vriende wat jy so sonder voorbehoud in jou hart toegelaat het! Ons eer jou nagedagtenis!

Met opregte simpatie en medelye

Mnr. Hoppie van Jaarsveldt, HTS Middelburg se hoof,
die personeel, die beheerliggaam en jou Rooi-familie


Vir ewig in ons harte! Rooies salueer jou!

Huldeblyke het intussen op Facebook ingestroom:

“My Sussie ons gaan jou mis, jy sal vir altyd in ons harte wees en saam ons die pad stap. Jy kon dalk nie al jou avonture klaar maak nie maar ons sal vir jou lewe. Lief jou vir altyd Sussa en weet ons sal jou nooit vergeet nie,” sê Giselle Shanker.

Fotokrediet: Giselle Shanker

“My liefie Lynn, Ek het gehuil toe jy oorlede is en ek huil vandag steeds, en gaan nog baie huil. Al het ek jou so ongelooflik baie lief, kon ek nie maak dat jy by ons bly nie. ‘n Hart van goud het opgehou klop en n deel van myne is weggeruk.

Die Here het my hart gebreek, maar Hy het weereens aan my bewys dat Hy net die beste van die beste kom haal. Ons Abba Vader het jou aan ons geleen vir 19 jaar 6 maande en 10 daggies. En ek is een van die geseëndste mense om deel te gewees het van daai wonderlike 19 jaar 6 maande en 10 daggies. My hart is seer, maar ek weet jy was nie bang vir enigiets nie en nou het jy vlerke gekry om vry te wees en die Here is een amazing mooiste engel ruiker.

Ek’t nie veel woorde wat kan beskryf hoe ek voel nie, maar ek weet een ding en dit is dat jy jou merk gelos en jy sal vir ewig in my hart bly.

We love you to the moon and back my liefie,” skryf Maritsa Lamprecht.

Fotokrediet: Maritsa Lamprecht

Shana Stassen skryf hoe sê ‘n mens bye vir iemand soos jy wat almal altyd laat glimlag het❤️🥺Liewe Jesus het beslis ‘n super beeldskone engel bygekry❤️😔Rus sag mooiste Lynn! Tot ons mekaar weer sien ☁️Jy’t diep spore in ‘n klomp mense se harte gelos en jy sal vir ewig in almal se harte bly as die mooie mensie wat jy is en was❤️✝️Rus sag liefste Lynn.

Fotokrediet: Facebook/Lynn Shanker

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel