Die huis waarin die veroordeelde moordenaar Chris Watts sy swanger vrou verwurg het voordat hy sy twee dogters ook vermoor het, is uiteindelik vir $600 000 verkoop.
Die 36-jarige Watts het sy swanger vrou, Shannan, op 13 Augustus 2018 in die gesin se huis vermoor.
Hy het later haar liggaam in sy voertuig gelaai en hulle twee dogters, Bella (4) en Celeste (3) met ‘n kombers versmoor.
Sedert Watts se inhegtenisneming was die gesin se huis in die mark en nou, vier jaar later, is die huis uiteindelik verkoop aan ‘n gesin wat dit “met glimlagte sal vul,” berig The Sun.
Die huis is in 2013 gebou en die Watts-gesin was die eerste gesin wat daarin gewoon het.
Watts het Shannan vermoor toe sy by die huis gekom het nadat sy besigheid in Arizona gedoen het. Hy het haar in hulle bed verwurg voor hy haar en hulle dogters se liggame na ‘n afgeleë plek waar hy gewerk het geneem het. Hy het sy vrou in ‘n vlak graf begrawe en sy twee dogters se liggame in groot oliedromme gegooi.
Ná sy inhegtenisname het hy aanvanklik beweer dat Shannan die twee meisies vermoor het nadat hy gevra het vir ‘n egskeiding, en dat hy haar daarna uit woede vermoor het.
Watts dien tans lewenslange tronkstraf uit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



