Die Nasionale Seereddingsinstituut het Vrydagoggend vroeg die liggaam van ‘n 43-jarige man van Pretoria in sy motor uit die Hartbeespoortdam gehaal.
Volgens die NSRI het sy lede inligting ontvang oor ‘n motor wat gedeeltelik in die Hartbeespoortdam uitgesteek het. Die polisie se duikeenheid en NSRI-swemmers is na die toneel ontbied en die 43-jarige man se liggaam is uit die voertuig gehaal. Die voertuig is ook uit die dam gesleep.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



