Ergste storm in Paarl in jare

Deel hierdie storie / Share this story

Die Boland, spesifiek die Paarl, het die ergste storm in jare vanmiddag beleef. Motors moes met noodligte aanry, terwyl paaie oorstroom het, die hael neergereën het en donkerblou donderwolke oor die berge aangerol gekom het.

‘n Oranje vlak 5-waarskuwing vir erge donderstorms met moontlike skade of verlies van infrastruktuur, nedersetting, skade aan eiendom en voertuie, paaie wat oorstroom wat tot ‘n mate van sluiting van sommige brûe en paaie gelei het, is vroeër vandag uitgereik.

Dié foto’s en video’s is deur lesers vir ons gestuur van die storm in die Paarl. As jy foto’s en video’s het van die storm, plaas dit in die “comments” op die Facebook-plasing hier.