‘n Seun (8), is vanmiddag deur bure se hond aangeval waar hy in Chainstraat in Coniston, KwaZulu-Natal met ‘n maat gespeel het.
Reaction Unit South Africa het om ongeveer 16:27 ‘n noodoproep vir hulp ontvang. Met hul aankoms het hulle die beseerde seun gevind.
Hy het na bewering saam met sy vriend in die straat sokker gespeel toe die hond se eienaar die hek in sy oprit oopgemaak het en die hond op die kind afgestorm het. Die seun het geval nadat die Staffordshire-terriër hom aan sy regterarm gebyt het. Inwoners het geskree en die hond het geluister en gestop.
Die kind is op die toneel behandel voordat hy na ‘n mediese fasiliteit deur die eienaar van die hond geneem is
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



