Jason Mathews het die volgende bedanking vir Shafiek Dampies op sy Facebook-blad geplaas:
“After a long search on Facebook I have finally found this young guy Shafiek Dampies
This young man bravely saved my wife’s life.
My wife was on her way home with my two little kids from my mother’s place when her car got a flat tire on Jan Smuts Drive Athlone area. She was all alone about 11:30/11:45 p.m. …two police vehicles passed and was too busy to assist or keep my family safe until my arrival…this young guy came fleeing past and randomly stopped, reversed and asked my wife if there is anything he can help with…he was alone in his vehicle took the risk at that time, switched his vehicle off and immediately assisted my wife…he changed the flat tire as well did he escort my family safely till in front of our home. It’s the smallest of things that matters. Young man, may you be blessed and remain the helping hand you are, myself and my family is truly grateful Amen may God always bless you and may you become prosperous in the coming years.”
Shafiek Dampies (23) van Steenberg kry wyd lof op sosialemedia na sy ridderliheid teenoor ‘n ma en haar twee kinders wat gestrand was.
Ongeveer ‘n week gelede het Dampies net voor middernag ‘n motorvoertuig op die pad naby Bokmakierie, rigting N2, sien staan.
Hy kon in die lig van die voertuig ‘n vrou en twee klein kinders binne-in sien. Met waaksaamheid het hy met sy voertuig teruggestoot en ondersoek ingestel, beide partye maar redelik versigtig.
Die vrou was reeds vir 20 minute met haar kinders met ‘n pap band gestrand en het vir haar man gewag om te kom help.
Die ridder in Dampies het oorgeneem en hy het gevra vir toegang tot die domkrag en noodwiel, waarna hy die pap band omgeruil het, met die vrou wat ‘n waaksame oog gehou het omdat die omgewing nie baie veilig is nie.
Hier het dit nie gestop nie. Dampies het ook agter hulle aangery totdat hulle veilig tuis was.
Dié besondere jong man het die volgende aan Daily Voice gesê: “This is something I would do for anyone who is in need because it’s something I would also want for myself.”
“Also it takes nothing from you to help someone,” het hy begevoeg.
‘n Paar dae gelede is hy verras toe hy die Facebook-plasing waarin hy vir sy optrede bedank word, sien. Die plasing is deur die vrou wat hy gehelp het se man gemaak en bedankings het ingestroom. Dampies word beslis as ‘n held bestempel.
Bron: Daily Voice en Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



