Help om Beaulen Booysen met sy pa te herenig

Deel hierdie storie / Share this story

Beaulen Booysen (9) van Fisantekraal, Durbanville, het op 5 Desember om ongeveer 15:00 vermis geraak.

Na bewering is hy die laaste keer gesien toe hy saam met sy neef by die huis uit is en in ‘n taxi geklim het. Hy het nooit teruggekeer nie, waarna sy pa hom op 6 Desember by die polisie as vermis aangemeld het.

Hy was geklee in ‘n swart denimbroek, blou T-hemp en sanale.

Enige persoon met inligting van waar die seun homself bevind, kan kontak maak met die volgende persoon:

AO Vatiswa Tsotso SAPD Durbanville-ondersoekbeampte: 081 096 2373 of 082 522 1039.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.