Marinette Sparks van Brackenfell in Kaapstad het verlede jaar met ‘n baie oulike inisiatief begin om elke dag, tot die 24ste Desember, ‘n item uit haar koskas te haal en in ‘n bederfboks te pak om dan vir Kersfees vir iemand te gee wat dit nodig het.
“Hierdie jaar is die eerste keer wat ek dit doen,” het sy verlede jaar aan FiND iT vertel. “Ek het die idee by ‘n vriendin van my gekry wat dit ook hierdie jaar vir die eerste maal probeer. Dis ‘n baie oulike inisiatief en dit kan iemand se Kersfees sommer opkikker!”
“Ag, meeste van ons het mos maar ‘n ietsie ekstra in ons koskaste. As jy nou iemand spesifiek het vir wie jy jou boksie opmaak, kan jy altyd bederfies soos ‘n handeroom of iets ook insit.”
“Dit sal wonderlik wees as die idee by ‘n paar mense kan posvat en hulle dit óók die feestyd wil doen.”
FiND iT wil jou uitdaag om vanjaar óók ‘n bederfboks te pak en iemand se Kersfees spesiaal te maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



