Dis hoekom Mark Pilgrim soos ‘n Kersboom aangetrek is

Deel hierdie storie / Share this story

Die radio-aanbieder, Mark Pilgrim, wat op die oomblik in die hospitaal is vir mediese prosedures, is deur sy vrou soos ‘n Kersboom aangetrek vir ‘n video vir die radiostasie, HOT 102FM.

Pilgrim sterk sedert 27 Oktober in die intensiewesorgeenheid aan. Die 53-jarige het twee mediese prosedures ondergaan sodat ‘n ineengestorte long behandel kon word.

Hy ontvang ook behandeling vir fase 4-longkanker, wat hy in Junie bekendgemaak het, nadat die siekte na sy femur, die basis van sy ruggraat en limfknope, versprei het.

Mark is op 27 November, na 30 dae in die intensiewesorgeenheid uit die eenheid na ‘n gewone saal oorgeplaas.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel