Die Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel (34) is na wat berig word glo aan die arm van die omstrede kletsrymer en biljoenêr Kanye West of eerder “Ye” gesien.
Nog nie een van die twee het die gerugte deur skindertonge bevestig dat daar “iets” tussen hulle aan die gang is nie.
TMZ het berig dat die twee nie genoeg van mekaar kon kry by die New York Fashion Week nie. Swanepoel is die gesig vir die nuwe Yeezy Gap-sonbrille. Beide het in advertensies vir die sonbrille verskyn.
Entertainment Tonight het vervolgens ‘n bron aangehaal wat sê die twee gaan glo uit, maar die verhouding is nuut.
Swanepoel het in 2010 ‘n Victoria Secret “Angel” geword en was in 2016 agste op die Forbes-lys vir hoogsbetaalde modelle. Sy het twee seuns by die model Hermann Nicoli.
West het vier kinders saam met Kim Kardashian. Die twee se egskeidingsooreenkoms is onlangs gefinaliseer.
West bly in die nuus weens omstrede uitsprake wat hy maak en daar is selfs beweringe van president-kandidaatskap op die horison.
Bronne: Times Live, TMZ en Entertainment Tonight
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



