Kyk video: Beweerde besope man ry voertuig met gebarste bande

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing: Taalgebruik!

Die video wat deur Kurt Yucrin Mcmillan Abrahams, ‘n taxibestuurder, geneem is, wys hoe ‘n man wat glo besope is op die oggend van 26 November met ‘n voertuig, waarvan twee bande gebars het, in Klapmuts ry.

Die voertuigbestuurder was na bewering op pad Kraaifontein toe, toe hy deur Abrahams opgemerk is.

Abrahams het die roekelose bestuurder die hele pad gevolg tot waar hy by ‘n polisiestasie indraai.

Kevi van Wyk van Boland Dorpe se Facebook-blad het die video op 26 November gedeel en gesê dat die beweerde dronkbestuurder glo by die polisiestasie in hegtenis geneem is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.