Ian Cameron, van Action SA, het vroeër vandag ‘n video op sosiale media gedeel waarin ‘n man ‘n vrou slaan.
Die video, wat vanuit ‘n woonstelgebou geneem is, wys hoe ‘n man en ‘n vrou by ‘n motor staan en baklei.
In ‘n stadium is daar nog ‘n vrou wat bykom.
Die voorval gebeur helder oordag en in die middel van ‘n straat vir almal om te sien terwyl voertuie net doodluiters verbyry en niemand stop om die vrou te help nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



